2013-01-21 Selfuitbeelding en Facebook: ’n estetika van verdwyning? Amanda du Preez Selfuitbeelding en Facebook: ’n estetika van verdwyning? Amanda du Preez, Departement Visuele Kunste en Visuelekultuurstudies, Universiteit van Pretoria LitNet Akademies Jaargang 10 (1) ISSN 1995-5928 Abstract Opsomming Artikel Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees. Opsomming Die selfportret beleef tans ’n oplewing aanlyn en word deur sommiges selfs as die volkskuns van die digitale era bestempel. Boonop maak die algemene toegang tot web- en selfoonkameras dit moontlik vir iedereen om hulle eie selfportret (of dan profile pic) aanlyn te kan skep en in stand te kan hou. Hierdie tendens kan beskryf word as ’n demokratisering van selfportrette, ’n genre wat eens slegs vir die aristokrasie en kunstenaars beskore was. Indien die kontemporêre aanlyn selfuitbeeldings met die tradisionele selfportret-genre vergelyk word, kan daar aangedui word dat daar bepaalde verskille is. In hierdie ontleding sal die verskille tussen die tradisionele selfportret soos onder andere vergestalt in die Duitse Renaissance-kunstenaar Albrecht Dürer se werk, in gesprek gebring word met kontemporêre selfuitbeeldings aanlyn, maar in die besonder op sosialemedia-netwerke soos Facebook. In die vergelyking sal daar voorgestel word dat die vroeë manifestasies van die selfportretkuns sekere ooreenkomste toon met wat Paul Virilio identifiseer as ’n “estetika van verskyning” in kontras met die wyse waarop die self in sosiale media vergestalt in wat bestempel kan word as ’n “estetika van verdwyning”. Kortweg verwys estetika van verdwyning na die wyse waarop beelde intyds op skerms afwisselend verskyn en verdwyn ten einde die self in ’n “alom-tele-teenwoordigheid”, of dan alomteleteenwoordigheid, te situeer. Trefwoorde: selfportrette; sosialemedia-netwerke; Facebook; Paul Virilio; estetika van verdwyning; kuber- ekshibisionisme Abstract Self-representations and Facebook: an aesthetic of disappearance? The genre of the self-portrait is currently experiencing a revival online, and particularly on social media platforms such as Facebook. This growing popularity of the self-portrait online has caused some authors to refer to the online self-portrait as the folk art of the digital age. The popularity of self-portraiture is made possible in part through ubiquitous tools such as web and cell phone cameras. Through these handy tools everyone with access to the internet can create a self-portrait online and also manage and maintain their own presence effortlessly and constantly online. The fact that the creation of self-portraiture has become so readily accessible to many also indicates that the genre has been democratised. Whereas traditionally the genre of the self-portrait has been reserved mostly for aristocracy and artists, now everyone can take part in their own self-expression. The main question explored in this article is, what happens to the genre of the self-portrait in an era of social media networks and how does it compare with traditional self-portraiture? In order to explore this question the analysis turns to the so-called birth moment of the self-portrait in the Western tradition, namely to the time of German artist Albrecht Dürer (1471-1528) and particularly to his potent self-portrait of 1500. The reason for this selection is that this early manifestation of the self-portrait overlaps with what philosopher and urbanist Paul Virilio identifies as an “aesthetic of appearance” – in other words, a representation LitNet http://www.litnet.co.za/Article/selfuitbeelding-en-facebook-n-estetika-va... 1 of 22 3/31/2013 5:21 PM