Copyright © 2008 NISC Pty Ltd SOUTHERN AFRICAN LINGUISTICS AND APPLIED LANGUAGE STUDIES EISSN 1727–9461 doi: 10.2989/SALALS.2008.26.1.5.420 Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2008, 26(1): 59–67 Printed in South Africa — All rights reserved Inleiding Tot heel onlangs is aanvaar dat vertalers en tolke slegs ’n rol te speel hê ten opsigte van hoëvlak taalhandelinge soos besigheidstransaksies, internasionale kongresse, hofverrigtinge, regeringsin- stansies, die letterkunde, ens. Die jongste neiging in die VSA is om tolke ook sinvol te gebruik in gemeenskapsinstansies en -aktiwiteite: skole, hospitale, verkiesings, wetstoepassings en in verskeie ander situasies (Krumm, 1991). So word daar ook in Antwepen, België, met sy nagenoeg 13.26% gaswerkers, vlugtelinge, asielsoekers en haweloses ook van skakeltolke (d.i. gemeenskapstolke) as taalbemiddelaars gebruik gemaak. Binne hierdie konteks fokus die tolke op die benadeelde minder- hede en poog om kommunikasie te fasiliteer vir immigrante om hulle in staat te stel om hulle volle potensiaal te verwesenlik. Organisasies wat op toepaslike teikengroepe fokus, emansipasie inisiatiewe, projekte wat die algemene gemeenskap interesseer en maatskaplike welsynsdienste maak gebruik van tolkspanne vir doeltreffende kommunikasie (Wouters, 1999: 131–132). In die geval van Swede het tolkdienste in die 1960s sy ontstaan gehad met die toestroming van immigrante wat hoofsaaklik voorsien het in die arbeidsmag vir die welvarende Sweedse nywerheid. Die meeste van die immigrante was afkomstig van die Nordiese lande van Suid-Europa. Hierdie arbeidsmigrasie is later gevolg deur vlugtelinge uit Oos-Europa, Suid-Amerika, Asië en Afrika. Die gevolg was dat ’n tolkdiens in nagenoeg 90 stede en munisipaliteite hulle onstaan gehad het. Volgens Niska (1999) is daar na raming 5 000 skakeltolke wat in meer as 100 tale tolk in Swede waarvan die meerderheid op ’n vryskutbasis werk. Verskeie agentskappe lewer ook ’n afstandtolkdiens. Hoe geregverdig is die kritiek teen ’n toeganklike vertaalteks? Harold M Lesch Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, Matieland 7602, Suid Afrika e-pos: hlesch@sun.ac.za Abstrak: Met die huidige demografiese verspreiding en die taalopset in ons land behoort die dienste van vertalers en tolke meer sigbaar te word en behoort hulle ’n groter rol in die samelewing te speel. Deur die ondersteuning van gekwalifiseerde vertalers, tolke en vertaalprojekte sal ons meehelp om die talige werklikheid te fasiliteer. Dit behoort dus deel van die demokratiserings- proses in die land te vorm. Hierdie artikel wil die rol van vertaaldienslewering in so ’n konteks ondersoek en hoe dit kan meehelp dat veeltaligheid as ’n bate ervaar word, maar ook taalgebruik- ers sensitief te maak vir hulle taalregte. Die uiteindelike doel is om die elitistiese en simboliese aard van vertaling sowel as tolking aan te spreek en te verseker dat dit eerder praktiese waarde vir taalgebruikers inhou. Abstract: The current demography and the language reality in our country necessitate that translators and interpreters should become more visible and need to play a more prominent role in our society. By supporting qualified translators, interpreters and translation projects we will help to facilitate the language reality. This ought to form part of the democratisation process in our country. This article attempts to investigate the role of translation service delivery in such a context and in such a way it can assist that multilingualism is being viewed as an asset, but also to sensitise language users of their language rights. The ultimate goal is to address the elitist and symbolic nature of translation and interpreting and to ensure that it has practical value for language users.