Journal for Christian Scholarship - 2015 (1st Quarter) 1 The purpose of educating the human spirit J.L. van der Walt hannesv290@gmail.com C.C. Wolhuter Charl.Wolhuter@nwu.ac.za F.J. Potgieter Faculty of Education Sciences Potchefstroom Campus North-West University Opsomming Hierdie artikel verduidelik ten eerste wat spiritualiteit as menslike eienskap of hoedanigheid alles behels, ook vanuit Bybelse perspektief. Daarna verduidelik dit die gedagte dat die “gees van die opvoeding” ideaal gesproke voortvloei uit die verhouding tussen die verskillende betrokkenes by die opvoedingshandeling, in hierdie geval die onderwyser en die leerder, en dan veral uit die samevloeiing van hul onderskeie geeste. Hierdie soort lewendmakende (“begeesterde”) opvoeding en onderwys lei tot persoonlikheidsintegriteit, kreatiwiteit (ʼn skeppende gees) en skeppende probleemoplossing. Hierdie eienskappe is belangrike voorwaardes vir die behartiging van die uitdagings van ‘n lewe in ʼn geglobaliseerde en kosmopolitiese toekoms.