1200 Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 56 No. 4-2: Desember 2016 doi.10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a7 Natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem: ’n Ondersoek na Boomkastele: ’n Sprokie vir ’n stadsmens (Schalk Schoombie). Deel 1 Nature writing as ecosystem: An analysis of Boomkastele: ’n Sprokie vir ’n stadsmens (Schalk Schoombie). Part 1 SuSan Meyer Vakgroep Afrikaans, Opvoedingswetenskappe Noordwes-Universiteit Potchefstroom E-pos: Meyer.Susan@nwu.ac.za SuSan Meyer is ’n senior lektor in Afrikaans aan die Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes- Universiteit, Potchefstroom. Sy het in 1990 die graad MA in Afrikaanse letterkunde verwerf aan die Universiteit van Pretoria en in 1993 die DLitt et Phil-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sedert 2003 doseer sy Afrikaanse letterkunde vir onderwysstudente en is sy deel van die Navor- singseenheid Tale en Literatuur in Suid-Afrikaanse konteks aan die Noordwes-Universiteit. Haar navorsingsbelangstelling lê hoofsaaklik by die ekokritiese benadering tot die eietydse Afrikaanse prosa en by die analitiese en hermeneutiese moont- likhede wat opgesluit lê in die ontsluiting van tekste vanuit ’n ekokritiese perspektief. Sy fokus graag op die literêre vergestalting van mens- natuurverbintenisse en op die wyses waarop mens- like lewe en identiteit beïnvloed word deur die natuurlike omgewing. Sy ondersoek die wye spektrum van menslike reaksies op die natuur, die talle dimensies waarin en die gevarieerde wyses waarop die mens met die natuur in interaksie tree en betekenis daaraan toeken, soos uitgebeeld in hedendaagse Afrikaanse narratiewe. Haar navor- singsresultate word gepubliseer in verskeie akademiese vaktydskrifte en sy lewer referate by nasionale sowel as internasionale konferensies. SuSan Meyer is a senior lecturer in the Faculty of Education Sciences at North-West University, Potchefstroom. She obtained a MA degree in Afrikaans literature at the University of Pretoria in 1990 and the D Litt et Phil degree at the University of South Africa in 1993. She lectures Afrikaans literature and is part of the Research Entity Language and Literature in South African context at the North-West University. Her research interests include an ecocritical approach to contemporary Afrikaans prose, resulting in her exploration of the analytic and hermeneutical possibilities disclosed in an ecological reading of literary texts. She focuses on aspects of the literary manifestation of the relation between man and nature, and the ways in which human life and identity are inluenced by the natural environ ment. She investigates all facets of human reactions to nature, the full scope of dimensions and the varied ways in which humans interact with nature and allot meaning to nature as por- trayed in contemporary Afrikaans narratives. Her research results in regular publications in aca- demic journals and she delivers papers at con- ferences nationally and internationally. Susan Meyer