Journal for Christian Scholarship - 2015 (3rd Quarter) 1 H.G. Stoker se gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit 1 Morné Diedericks Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies Pretoria morne.diedericks@aros.ac.za Ferdinand J. Potgieter Skool vir Opvoedkundestudies Fakulteit Opvoedingswetenskappe Noordwes-Universiteit Opsomming Die oorspesialisering binne universiteite het die taak van ʼn universiteit verander. Die artikel toon aan dat talle universiteite nie meer bekend kan staan as universiteite nie, maar eintlik multiversiteite genoem moet word. Die term multiversiteite verwys na opleidingsinstellings wat nie onderrig vanuit ʼn eenheidsbeginsel (uni) nie, maar onderrig vanuit ʼn veelheidsbeginsel (multi), wat multi-etosse en multi-benaderings het. ʼn Eenheidsbeginsel is ʼn opleiding wat een doel en een identiteit nastreef byvoorbeeld ʼn Christelike universiteit. Die beoefening van Christelike wetenskap is nie moontlik binne ʼn multiversiteit nie en net so kan ʼn multiversiteit ook nie in diens staan van ʼn bepaalde gemeenskap nie. Dit veroorsaak by sommige Christelike akademici die noodsaak om weer te vra wat die taak van die universiteit is, anders as die taak van ʼn multiversiteit. Professor H.G. Stoker het in sy lang akademiese loopbaan ʼn helder idee ontwikkel oor die taak van ʼn universiteit. Stoker lig veral twee take van die universiteit uit: Dat die universiteit vanuit ʼn eenheidsbeginsel 1 Hoewel Stoker nie gepraat het van ’n gemeenskapsuniversiteit nie, maar eerder van ’n volksuniversiteit, is sy gedagtes hermeneuties toegepas op die relevante terme van die tyd.