htp://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v34i1.1305 Page 1 of 8 Oorspronklike Navorsing Author: Burgert A. Senekal 1 Afliaton: 1 Unit for Language Facilitaton and Empowerment, University of the Free State, South Africa Correspondence to: Burgert Senekal Email: senekalba@ufs.ac.za Postal address: PO Box 28764, Danhof 9310, South Africa Dates: Received: 24 Apr. 2015 Accepted: 03 Aug. 2015 Published: 30 Sept. 2015 How to cite this artcle: Senekal, B.A., 2015, ‘Die kwantfsering en toepassing van modulariteit in die Afrikaanse flmbedryf (1994–2014) as ’n komplekse netwerk’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 34(1), Art. #1305, 8 pages. htp://dx.doi.org/10.4102/ satnt.v34i1.1305 Copyright: © 2015. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creatve Commons Atributon License. Die kwantfsering en toepassing van modulariteit in die Afrikaanse flmbedryf (1994–2014) as ’n komplekse netwerk Read online: Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online. Die netwerkteorie het die afgelope aantal jare ‘ontplof’, deels vanweë ontwikkelinge in rekenaarprogrammatuur en -apparatuur, en deels vanweë die toenemende beskikbaarheid van groot, digitale datastelle. Die meerderheid ontwikkelinge het vanuit die gemeenskap van fisici plaasgevind, veral na twee seminale studies in die laat negentigerjare in hierdie veld die lig gesien het, en sedertdien het ontwikkelinge binne die teorie van komplekse netwerke só vinnig toegeneem dat daar min velde binne die wetenskap is waar dié teorie nog nie toegepas is nie. Quantifying and applying modularity in the Afrikaans film industry (1994–2014) as a complex network. Network theory has become an indispensable theoretical framework for the study of complex systems, and significant advances have been made within the community of physicists who study network topology. One problem, however, is that applications have been less extensive than theoretical and algorithmic developments, and in this article, the concept of modularity is discussed and applied to the Afrikaans film industry in order to investigate how modularity can inform us about the structure of this industry. By constructing a network of everyone involved in all the Afrikaans films released between 1994 and 2014, modularity is calculated, using the Blondel et al. algorithm. And it is illustrated that some directors tend to use similar groups of people in their films, but it is also indicated that other directors use more diverse sets of people. Suggestions are made as well for further research. Inleiding Die netwerkteorie het die afgelope aantal jare ‘ontplof’ (Watts 2004:243, 2011:82), deels vanweë ontwikkelinge in rekenaarprogrammatuur en -apparatuur, maar ook vanweë die toenemende beskikbaarheid van groot, digitale datastelle. Die meerderheid ontwikkelinge het vanuit die gemeenskap van fisici plaasgevind, veral na twee seminale studies in die laat negentigerjare binne hierdie veld die lig gesien het (Barabási & Albert 1999; Watts & Strogatz 1998), en sedertdien het ontwikkelinge binne die teorie van komplekse netwerke só vinnig toegeneem dat daar min velde binne die wetenskap is waar dié teorie nog nie toegepas is nie. Een van die soorte netwerke wat die meeste bestudeer is, is die internasionale filmnetwerk van akteurs (Adamic & Huberman 2000; Amaral et al. 2000; Chang et al. 2007; Centola, Eguíluz & Macy 2007; Guillaume & Latapy 2006; Jeong 2003; Latapy, Magnien & Del Vecchio 2008; Nacher & Akutsu 2011; Newman, Strogatz & Watts 2001; Zhang et al. 2006). Soos Newman (2010:54) egter uitwys, is dit nie duidelik of daar enige gevolgtrekkings van werklike wetenskaplike waarde op grond van die studie van die filmnetwerk van akteurs gemaak kan word nie. Een van die probleme met die bestudering van dié betrokke netwerk is dat dit kwalik ’n werklike sosiale netwerk verteenwoordig, aangesien die akteurs uiteraard slegs een komponent van die filmbedryf uitmaak. Verder steun alle studies van die internasionale filmnetwerk van akteurs op die Internet Movie Database (http://www.imdb.com), wat onvolledig is wanneer films buite Hollywood ter sprake is en natuurlik ook wanneer Afrikaanse films onder die loep kom. Om die gebreke van vorige studies aan te pak is data vir die huidige studie nie vanaf http:// www.imdb.com saamgestel nie, maar vanaf die films self, wat beteken dat die datastel beide akkuraat én volledig is. Tweedens is alle rolspelers wat gekrediteer is met ’n bydrae tot ’n film, in ag geneem, nie slegs akteurs nie. Dit beteken dat regisseurs, ekstras, grimeerkunstenaars en assistente almal ook deel uitmaak van die datastel, wat die geleentheid skep om die Afrikaanse filmbedryf as geheel te bestudeer. Die datastel wat hier ontleed word, is dus nie ’n gerieflike, onvolledige en artifisiële datastel nie, maar verteenwoordig die filmbedryf in geheel.