29 © Unisa Press ISSN 0027-2639 Mousaion 32 (4) 2014 pp. 29—54
DIE ONTWIKKELING VAN
HULPMIDDELS VIR DIE ONDERRIG
VAN KINDER- EN JEUGLITERATUUR
IN AFRIKAANS HUISTAAL VIR DIE
GRONDSLAG- EN INTERMEDIÊRE
FASE
ELMA MARAIS
School for Human and Social Sciences for Education
North-West University
Potchefstroom, South Africa
12317942@nwu.ac.za
CARISMA NEL
School for Human and Social Sciences for Education
North-West University
Potchefstroom, South Africa
carisma.nel@nwu.ac.za
CHRISTINE DU TOIT
School for Human and Social Sciences for Education
North-West University
Potchefstroom, South Africa
christine.dutoit@nwu.ac.za
OPSOMMING
Die onderrig van kinder- en jeugliteratuur (KJL) is ʼn integrale deel van die nuwe
Nasionale Kurrikulum en Assesseringsverklaring (NKABV) wat vanaf die begin van
2012 in die land se nasionale skole geïmplementeer is. In die NKABV word daar egter
min leiding aan onderwysers gegee oor watter konsepte deel van letterkunde onderrig op
skool uitmaak en daarom is dit nodig om goeie hulpmiddels te ontwikkel om onderwysers
te ondersteun wanneer hulle kinder- en jeugliteratuur onderrig. Die doel van hierdie
artikel is om die belangrikheid van hulpmiddels in die klaskamer te bespreek en tot watter
mate dit onderwysers en selfs leerders kan ondersteun in die onderrig- en leerproses. In
die artikel sal daar gefokus word op wat in die NKABV as rigtinggewende dokument ten